Nuus

Trekkers vir ’n GROENER toekoms!

In die landboubedryf verander meganisasie en tegnologie deurlopend om werktuie en prosesse doeltreffender te maak. In sy 40 navorsing en-ontwikkelingsentrums is New Holland aan die voorpunt om boerdery ekonomieser en volhoubaarder te maak.

NHAG Tractor 2

Met die nuwe T7 HD-reeks trekkers voeg New Holland die eerste Stage V-trekkers tot sy reeks toe.
Een van hierdie modelle, die T7.315 HD-trekker, gebruik die ECOBlue™ HI-eSCR 2- (selective catalytic reduction) stelsel om uitlaatgasse te verminder. Dié innoverende ná behandelingstelsel is ’n onderhoudsvrye oplossing wat bedryfskoste laag hou.
Die Auto Command™- deurlopend veranderlike transmissie (CVT) dra by tot die doeltreffende werking. Dit is ook toegerus met PLM Intelligence™, wat die IntelliView™- 12-skerm en SideWinder™ Ultra insluit. Die ontwerp is dus soortgelyk aan die T8- en T9-trekkerreeks, wat die operateur se werk vergemaklik omdat dit eenvormig is. Telematika is standaard saam met die outomatiese stuurstelsel, met die RTX-satellietsein-opsie.
Daar is baie ander standaardvoordele, soos kajuit en voorsuspensie, LED-ligte, hoë hidrouliese vloei, hoë hyserkapasiteit en die Blue Power-verf-en-ontwerppakket.
Die nuwe T7-reeks, wat die huidige T7000-reeks vervang, het ’n nuwe baadjie. Dit bied meer sigbaarheid uit die kajuit, en kajuitsuspensie, ’n radio en LED-ligte is standaard.

NHAG Tractor

New Holland gaan die T7 HD-reeks op die Nampo-oesdag by Bothaville ten toon stel

Die hidrouliese olievloei en hyserkapasiteit is verhoog en die trekkers het nou ’n vierspoed-kragaftakker.
Die drie trekkers in die reeks is die T7.230 (132 kW), T7.245 (147 kW) en T7.260 (162 kW). Al drie kan met die Power Command™- volle kragskakelratkas (18 x 6) of die Auto Command™-CVT toegerus word. Elektroniese hidrouliese koppelings kan saam met die Power Command™-ratkas bestel word, soos deur die mark versoek.
Verskeie ander opsies, soos die voorhyser met kragaftakker, kan gekies word na gelang van die boer se behoefte.
Metaangastrekker New Holland ondersteun tegnologiese vernuwing om nie net die werksaamhede van sy kliënte te vergemaklik nie, maar ook die omgewing te beskerm sodat boerdery nog lank kan voortgaan.
Werktuie word nie net vir groter gerief ontwikkel nie, maar vir doeltreffendheid in alle opsigte. Die T6.180-metaangastrekker van New Holland is die eerste trekker ter wêreld wat 100% metaangas-aangedrewe is, en is die sleutel tot CO2-vermindering sonder om werkverrigting in te boet.
Boere kan landbou- of diereafval, asook spesifiek gekweekte energiegewasse, gebruik om biometaan op te wek. Dit sal die trekker aandryf, wat op sy beurt help om daardie einste gewasse te verbou. Met die selfde kraglewering as sy die selekwivalent is die bedryfskoste boonop sowat 30% minder. Met biometaan is CO2 -vrystellings byna 0%.
New Holland bied dus die ekovriendelike oplossing vir die boer, aangedryf deur die natuur.
Kontak gerus jou naaste New Holland-handelaar, of kom besigtig hierdie werktuie op Nampo by die New Holland-standplaas.

Vir Navra: Jaco du Preez –  082-524-8898
Web: www.newholland.com/za