Huidige aanbiedinge

0016104_NH_WEB_2560X850_Combines_AFR
Previous slide
Next slide
combine 1080X1080 AFR
Previous slide
Next slide

🏆 Span saam met ‘n 𝘤𝘰𝘮𝘣𝘪𝘯𝘦 wat nie net voorloper-tegnologie oes nie maar toekennings inpalm EN rekords breek op strepe en stroke.

Laat jou nuwe 𝘤𝘰𝘮𝘣𝘪𝘯𝘦 by jou wenspan aansluit vandag met hierdie fantastiese aanbieding. Finansiering vanaf prima minus 6.75% EN die eerste paaiement eers betaalbaar in Desember 2025, 10% deposito, en 3 jaar termyn, BTW terug in maand 4. 

Hierdie is net een van vier fantastiese finansieringsopsies waaruit jy kan kies en keur. Kyk na die tabelle hieronder vir die res.

*Bepalings en voorwaardes gelde

 JOU SUKSES DEUR GEDEELDE INNOVASIE

 Met die landboubedryf wat al hoe meer mededingend raak, is dit noodsaaklik dat jy die nuutste tegnologie ten volle benut om voor te bly. Om dit reg te kry, het jy goeie ondersteuning nodig van ‘n handelsmerk wat al dekades lank op die voorpunt van innovering is. Van ons revolusionêre Twin Rotor-stropers tot ons omgewingsvriendelike metaantrekkers, van ons New Holland FieldOps-portaal tot ons IntelliCentre-afstanddiagnostiese stelsel, het ons ‘n ryk geskiedenis om jou plaas die voortou van tegnologiese innovasie te laat neem.

Met 49 jaar se ondervinding in wêreld-leier Twin-Rotor Tegnologie oes ons saam rekord tye, en stroop meer as 50 verskillende gewasse. 

Vir verdere inligting rondom die CR-reeks asook finansierings opsies vul die vorm in en een van ons agente sal jou persoonlik n lui terug gee.

Kontak jou New Holland-handelaar vandag of skakel:
Eduan Booyens (071 871 8163) – Noordwes, Vrystaat, Gauteng en Limpopo
Paul de Korte (064 752 1613) – KwaZulu-Natal en Mpumalanga
Quintus Smit (082 524 7397) – Wes-Kaap, Noord-Kaap en Oos-Kaap

Jaarlikse Premie Finansieringsaanbiedinge

Model Aanbieding Rentekoers Termyn Deposito 1st Premie Betaalbaar
CR6.80
Opsie 1: BTW terug na maand 4
Prima -6.75%
3 jaar
10%
Desember 2025
CR6.80
Opsie 2: Geen BTW terug
Prima -6.75%
3 jaar
20%
Desember 2025
CR7.90
Opsie 1: BTW terug na maand 4
Prima -6.75%
3 jaar
10%
Desember 2025
CR7.90
Opsie 2: Geen BTW terug
Prima -6.75%
3 jaar
20%
Desember 2025
CR9.90
Opsie 1: BTW terug na maand 4
Prima -6.75%
3 jaar
10%
Desember 2025
CR9.90
Opsie 2: Geen BTW terug
Prima -6.75%
3 jaar
20%
Desember 2025

Maandelikse Premie Finansieringsaanbiedinge

Model Aanbieding Rentekoers Termyn Deposito 1st Premie Betaalbaar
CR6.80
Opsie 1: BTW terug na maand 4
Prima -6.75%
36 maande
10%
60 Dae na kontrak teken
CR6.80
Opsie 2: Geen BTW terug
Prima -6.75%
36 maande
20%
60 Dae na kontrak teken
CR7.90
Opsie 1: BTW terug na maand 4
Prima -6.75%
36 maande
10%
60 Dae na kontrak teken
CR7.90
Opsie 2: Geen BTW terug
Prima -6.75%
36 maande
20%
60 Dae na kontrak teken
CR9.90
Opsie 1: BTW terug na maand 4
Prima -6.75%
36 maande
10%
60 Dae na kontrak teken
CR9.90
Opsie 2: Geen BTW terug
Prima -6.75%
36 maande
20%
60 Dae na kontrak teken

Bepalings & Voorwaardes

Finansiering is eksklusief beskikbaar deur CNHi Capital / Wesbank

CNHi behou die reg voor om die finansieringsveldtog op enige stadium te kanselleer deur skriftelik kennis te gee
van ons voorneme om dit te doen.

CNHi behou die reg voor om ondersteuning per finansieringstransaksie te beperk.
CNHi behou die reg voor om eenhede onder die veldtog te beperk.

Ek stel belang in die
New Holland Stroper


Is Die CR-Reeks die Beste Stroper in Suid Afrika?

Wees baas van die plaas danksy 𝗡𝗲𝘄 𝗛𝗼𝗹𝗹𝗮𝗻𝗱 𝗔𝗴𝗿𝗶𝗰𝘂𝗹𝘁𝘂𝗿𝗲 se wêreldleier-landbou-oplossings en –tegnologie. Vind uit hoekom boere ons CR-Reeks stropers kies om die taak af te handel.

Geniet die voordele van ‘n oorvloedige oes met die CR-Reeks stroper wat ontwerp is om graanverlies te verminder en jou strooigehalte te verhoog. Beter graangehalte beteken skoon graan en ‘n hoër koopprys vir jou produk.

Ons het die bo-baas maaiermasjien saamgestel met die regte enjinspoed en uitstekende kapasiteit om jou lande in ‘n japtrap skoon te maak. Hy is sterk en betroubaar. Sy operasionele kapasiteit en elke nodige onderdeel maak hom die ideale oesvennoot vir jou gewas.

Wat Maak Die CR-Reeks ‘n Wêreld-Beroemde Stroper?

CR-Reeks Stroper Suid-Afrika Spesifikasies

Van die graantenk tot die agterste uitlaat en alles tussenin, is die CR-Reeks die regte masjien om die beste strooigehalte konsekwent te lewer en graanverliese te verminder.

Met ‘n wye reeks kenmerke weet ons hierdie stroper het wat nodig is om die oes in te bring. Jy kan meer oor die CR-reeks leer deur op die knoppie hieronder te klik.

Waarvoor Kan Mens Die CR-Reeks Stroper Gebruik?

  • Oes van graangewasse
  • Verwerking van graan
  • Graan skoonmaak proses
  • Residuele graanskeiding

Waar Om Stropers te Koop in Suid Afrika?

Aangesien dit een van die grootste masjiene op ‘n plaas is, is dit beste om nie ‘n tweedehandse voertuig te koop wat risiko’s in jou bedrywighede verhoog nie. Trouens, jy sal waarskynlik die beste masjien vir die werk wil hê, en jy kan hom by ons kry. Ons is die oorspronklike vervaardigers van hierdie klasleidende internasionale stropers.

En as jy belangstel om ‘n stroper van New Holland te koop, kan jy voordeel trek uit beperkte tyd finansieringsaanbiedinge deur die vorm op hierdie bladsy in te vul om te begin.

Wie is New Holland Agriculture?

New Holland skep hoëprestasie-landboumasjiene wat wêreldbekend is vir betroubaarheid, kwaliteit en werkverrigting. Jy kan finansiering vir die CR-Reeks of ander swaardienstoerusting by ons kry. Ons bied uitstekende diens, boerderytoerusting van ongeëwenaarde gehalte, en gevorderde tegnologie in moderne stropers om jou te help om ‘n suksesvolle plaas te bou.