Nuus

CNH Industrial se 'Skerpskutter-Presisie-opleiding' verbeter presisieboerderytegnologie

Bothaville, Suid Afrika: Met die doel om sy leiding in presisieboerderytegnologie verder uit te brei, is CNH Industrial besig om sy nuwe Connect Facility-vermoëns vinnig te versnel, wat revolusionêre vordering in masjienverbindings en proaktiewe ondersteuning bewerkstellig.

Die maatskappy het onlangs ‘n Connect Facility, oftewel ‘n verbindingsgerief, by sy hoofkwartier in Isando gevestig wat die maatskappy se gekoppelde dienste vir sy voorste landboumasjienhandelsmerke bestuur en die verskuiwing van ‘n reaktiewe na ‘n proaktiewe benadering moontlik maak.

“Klante is voortdurend onder druk om hul doeltreffendheid en produktiwiteit te verhoog. Ons Connect Facility sal ons en ons handelaars in staat stel om vinnig – amper intyds – op te tree wanneer ‘n probleem opduik, en hulle help om die meeste uit hul toerusting te kry,” verduidelik Jacques Taylor, besturende direkteur van CNH Industrial Southern Africa.

Deur deurlopende monitering van gekoppelde masjiene se werkverrigting, bespeur die Connect Facility se hoogs opgeleide tegnici potensiële probleme betyds. Wanneer ‘n probleem opduik, word ‘n onmiddellike waarskuwing aan die naaste handelaar of tak gestuur wat die situasie dan proaktief kan bestuur en oplos.

Deur potensiële probleme op die vroegste moontlike tydstip te identifiseer, kry klante en operateurs ‘n duidelike voordeel in die voorkoming van kritieke onklaarrakings, die optimalisering van masjiengesondheid, die versekering van maksimum looptyd en doeltreffende vlootbestuur.

Skerpskutter Presisietegnologie-opleiding

Vir hierdie doel het CNH Industrial onlangs ‘n intensiewe, praktiese opleidingskursus in Bothaville aangebied. Volgens Nico Myburgh, hoof van AG Precision Technologies vir CNH Industrial, Midde-Ooste & Afrika, het 40 uitgesoekte tegnici deelgeneem aan ‘n toepaslik genoemde Skerpskutter-presisietegnologie-opleiding “Ons benadering is gebore uit CNH Industrial se Global AG Precision Technology (AGPT)-strategie, wat ‘n gemeenskap van presisieboerdery-spesialiste skep. Dié gemeenskap bevorder die maatskappy se gefokusde kulturele strategie wat die klant eerste plaas in elke aspek van die besigheid; dit verseker dat ons resultate van die hoogste gehalte in terme van veiligheid en winsgewendheid kan lewer”.

“Hierdie gemeenskap sal ons kultuur van uitnemendheid oor beide die Case IH- en New Holland-handelsmerke aandryf, om te verseker dat ons moeitevry saamwerk om CNH Industrial verder te versterk as die voorste tegnologiehandelsmerk in die sektor. Hierdie handelaars-presisieboerderyspesialiste sal inligting aan al die betrokke afdelings oordra om praktiese kennis te verhoog en die voetspoor van ondersteuning verder te verbeter en te vergroot tot voordeel van ons klante,” het hy bygevoeg.

Die opleiding het bestaan ​​uit agt strategiese stasies, waar intensiewe spesialisvoorligting aan die aspirant Skerpskutter-presisietegnologie tegnikus groepe oorgedra is, wat vir die eerste helfte van die kursus om die stasies geroteer het. Die groepe van vyf is weer heringedeel om ‘n benadering van ‘een span’, wat saam kan werk en funksioneer, te bevorder. Gedurende die tweede helfte van die kursus het hierdie groepe om die stasies, wat intussen toetssentrums geword het, geroteer, waar die kennis wat opgedoen is, ontleed en geassesseer is om die spanne te dwing om akkuraat saam te werk om sodoende die regte oplossings vir die gegewe uitdagings te bereik.

Tegnici is ook geleer om afstanddiagnostiek op klante se masjiene uit te voer via die Connect Facility en om aan die betrokke masjien se skerm te koppel en op te tree sonder om hul lessenaars te verlaat. Dié stelsel sal klante help om hul vloot in perfekte orde te hou sonder om hul boerdery te ontwrig, deur hulle vooraf te skakel om roetine-instandhoudingsdienste rondom hul werkskedules te beplan.

Die stelsel wat deur die Connect Facility gebruik word, genereer ook nuttige verslae vir klante om die beste uit hul masjiene te haal en sodoende hul belegging te beskerm. Dit sluit in maandelikse masjiengeskiedenisverslae, masjienversorgings- en instandhoudingsverslae en masjienbedryfsverslae.

Met voortdurend bygewerkte kennis, vaardighede en eie metodologieë, beskik die maatskappy oor die nuutste transformerende tegnologieë. Outomatisering stel uiteraard hulpbronne vry om op strategiese digitale inisiatiewe vir klante te kan fokus.

CNH Industrial se aanpasbare benadering tot tegnologie-ontwikkeling spruit uit eerstehandse ondervinding met boerdery-uitdagings. As ware baanbrekers bied die maatskappy se voortreflike gekoppelde platform ‘n intuïtiewe digitale ervaring. Dit versamel, berg, visualiseer en ontleed data, wat ingeligte besluitneming aanhelp. Doeltreffende hulpbronbenutting dryf winsgewendheid aan, terwyl presisieboerdery volhoubaarheid bevorder deur klante in staat te stel om met groter doeltreffendheid en akkuraatheid te boer.

SNIPER TRAINING NEW HOLLAND 11zon
cnh logo

CNH Industrial N.V. is ‘n wêreldleier in kapitaalgoedere wat op die New York-aandelebeurs (NYSE: CNHI) en op die Mercato Telematico Azionario van die Borsa Italiana (MI: CNHI) genoteer is. Meer inligting oor CNH Industrial kan aanlyn gevind word by www.cnhindustrial.com.

Vir meer inligting oor hierdie projek en ander gemeenskapsinisiatiewe, kontak:

Naam: Chimene de Villiers

Posisie: Hoof van Bemarking en Kommunikasie

Telefoon: 072 349 0484

E-pos: chimene.devilliers@cnhind.com